Graad 8
Bevordering is gebaseer op 100% CASS , waarvan November-eksamen 25% uitmaak, en geskied op die volgende beginsels:
Graad 9
´n Leerder moet vaardighede in al 8 leerareas bemeester om na gr.10 bevorder te word. Assessering deur CASS en CTA word in ag geneem. ´n Lys van elke leerder in elke leerarea se aparte 75% – 25% ( 60% – 40% vir tale en wiskunde) moet bygehou word.´n Leerder word slegs bevorder as daar aan spesifieke slaagvereistes voldoen word:
1. ´n Vlak 3 of hoër (40% +) in EEN van die tale, asook in Wiskunde.
2. ´n Vlak 2 of hoër (30% +) in die ander taal.
3. ´n Vlak 3 of hoër (40% +) in enige 4 van die ander leerareas.
4. ´n Leerder kan dus in 2 leerareas ´n vlak 1 behaal (druip), behalwe tale
en Wiskunde.
5. Beide die CASS (75%) en CTA (25%) se minimum-vereistes moet
nagekom word.
6. Kondonering: ´n Leerder se uitslae kan slegs EEN keer gekondoneer
word in enige van die volgende gevalle:
– As die leerder ´n vlak 2 (30%) in wiskunde behaal het.
– As die leerder ´n vlak 2 (30%) in tale behaal het.
– As die leerder ´n vlak 2 (30%) in slegs een van die vier ander
leerareas wat benodig word vir bevordering, behaal.