SAM_1942

22 van ons gr. 10 Fisiese Wetenskap-leerders het onlangs ‘n praktiese eksperiment by die NMMU Vista-kampus bygewoon.


Tydens die afgelope prysuitdeling het vanjaar se hoofdogter, Nicky Henning, weereens met arms vol pryse en bekers weggestap .

Hierdie Dux-leerder van ons het bo en behalwe haar uitstekende akademiese prestasies, ook die Ingrid van Zyl-leerlingraadsbeker verower vir die beste reklame vir die skool op Sport, Kultuur- en Akademiese gebied.

Sy is verder vereer met erekleure vir Leierskap en Akademie.  Voorwaar uitsonderlike prestasies!

IMG_9957


Woensdag 16 April 2014 om 18:00

Maak seker dat jy nie die geleentheid misloop nie!

Vir meer inligting, kontak gerus die skoolkantoor
Tel: 041 – 374 5604041 – 374 5604 /5

Die Gr. 7’s dra asb. jul volledige skooldrag.

Beurse: Akademie- en Sportbeurse beskikbaar


 

ANDREW RABIE GR. 12’S SKITTER OP PROVINSIALE EN NASIONALE VLAK!

Gr. 12

Nie minder nie as 8 van die gr. 12-leerders het vanjaar puik presteer op kulturele- en sportgebied.

Op die foto vlnr:

Juan Jonas (hoofseun van 2013) het Nasionale vlak Padvinders (Boy Scout) Springbokkleure verwerf.

Granwell Gelderbloem haal die O.P. O/19 Gholf-span.

Die blitsige atleet, Imke Steyn, het tydens die Oos-Kaap Jeugkampioenskap 1ste gekom in die 100m-, 200m- en 400m naellope.

Sy het ook aan die S.A. Jeug- en Junior Kampioenskap in Pretoria deelgeneem en daar in beide die O/19 en O/23-afdeling ‘n 5de plek behaal in die 200m.

Ben-Tonio Botha was ingesluit in die O.P. O/18 Akademie Rugbyspan.

Sherwin Slater is lid van die O.P. O/19 Rugbyspan asook die O.P. Senior Sewes rugbyspan

Simoné Kommer was ingesluit in die Oos-Kaap Hoërskole atletiek-span, asook die S.A. Hoërskole span. Hier behaal sy ‘n 2de plek in hamergooi.

Marisca Uitenweerde behaal Nasionale Vlak as Karate-skeidsregter.

Bradwill Meyer behaal Nasionale vlak Karate kleure. Hy het Suid-Afrika in Griekeland verteenwoordig in hierdie sport.

Andrew Rabie is met reg trots op al hierdie merkwaardige prestasies.


DSC_0704

 

Gedurende die Junie-skoolvakansie is ‘n Winterskool vir Rekeningkunde leerders aangebied deur NMMU.

‘n “Pre”- en ‘n “Post”-toets is deur die 500 leerders geskryf.

Anisha Daniëls van Hoërskool Andrew Rabie is ná afloop van die week as die top skolier aangewys. Sy het ‘n “Samsung Galaxy Tablet” losgeslaan met haar flink Rekeningkunde brein!!

Rabie is met reg trots op hierdie besondere prestasie.


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved