20140526_141513

Veronique van Wyngaardt, Megan Bouwers, Corlett Reyneke en Candice Banks by die Boekerklub-byeenkoms, waar die gasspreker Leonie Williams van haar gedigte voorgelees het.

20140827_144529

Veronica van Wyngaardt en Cherise de Vrey by die gasspreker Leonie Williams


Die VCSV-tak van die skool het ‘n koekbak-kompetisie  gehou. Ná die wenners aangewys is, is die koeke opgesny en het die VCSV-lede dit gaan uitdeel by wooneenhede vir bejaardes in die omgewing.  Die kuiertjies en soet bederf is met ope arms en groot glimlagte verwelkom en daar is vriendskapsbande tussen oud en jonk gesmee.

 IMG_5987

                                             Die wen-koek is deur die Matriek-kring gebak.  Hier is Donato Syce (Voorsitter van die VCSV) by Nicole Henning en Bianca Nel                                                                                                
                                      

  
IMG_6013Mariska Lessing en Bianca Jonker maak twee bejaardes se harte bly.

IMG_6004Donato Syce en Ryan Bessinger deel van die koek uit.

 
Foto’s verskaf deur Donato Syce  

.


Ballet Meisies

2014 is Die jaar van die Feëverhaal.  Dit neem ons weer terug na al die ou feëverhale wat ons as kinders gehoor het.  Hollywood se weergawes van dié verhale is baie meer modern en in ‘n formaat wat aanklank by veral tieners vind.

Hoërskool Andrew Rabie bied aan Rooikappie – met ‘n twist op 8 en 9 Mei 2014.
Vrydagaand, 9 Mei, is ‘n tafelaand en u bring u eie eet- en drinkgoed.  Die storie is geskryf deur Johanna Swart en staan ook onder haar regie.  Baie van die bekende karakters kom daarin voor, gekombineer met heerlike humor.  Dis ‘n produksie vir laerskool leerders, tieners, ma en pa, ouma en oupa en almal wat jonk van gees is.

Kontak die skool by 041-3745604 om u plekke te bespreek.  Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R25 vir skoliere en pensioenarisse.  Moet dit nie misloop nie!


 

11 Landsdienslede het onlangs by Hobbiton, Pine Lodge, gaan “ziplines” ry.  Dit was ‘n behoorlike adrenalien-inspuiting en tot die personeel het hul gate uit geniet. Die lengtes van die 3 “ziplines” het gewissel van 44m tot 70m.

DSC_0001 DSC_0008 DSC_0033 DSC_0086 DSC_0119 DSC_0134 DSC_0970


DSCF3887

 

DSCF3916

 

Die VCSV het in die 2de kwartaal ‘n projek geloods om kos, klere en skryfbehoeftes in te samel vir ‘n sopkombuis, Jenny’s Soup Kitchen.

Leerders van die skool het hul harte oopgemaak en ruim bygedra.  Kringleiers het een Vrydagmiddag die sopkombuis gaan besoek om die skenkings

te oorhandig.  Hulle het ook gehelp om van die kleiner kinders te voer.

Almal het baie pret gehad toe die kringleiers speletjies met die kinders in die straat gespeel het.

 


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved