Revue3

maakitmagic.com

Dis weer sulke tyd hier by Andrew Rabie!  Hierdie jaar se ´show´ – vroeër bekend as die Revue – gaan weer vermaak uit die boonste rakke bied alhoewel die formaat ietwat anders as vorige jare is.

Vanjaar belig ons van die hoogtepunte uit die geskiedenis van Suid-Afrika – ons eerste Mej. Wêreld, die Sharpeville opstande, die wêreld se eerste menslike hartoorplanting, die begin van televisie, die Rugby Wêreldbeker, Madiba se vrylating om maar ´n paar te noem.

Oefeninge vorder fluks met choreografie deur Bennie Gerber.  Rabie se gevestigde sanggroep – Vocalé – vorm deel van die produksie.  Louis Potgieter tower oudergewoonte weer hemelse klanke op.

Dis altyd lekker om ons oud-leerders te betrek, veral hulle wat hul merk hier in Rabie se Revue´s gemaak het.  U sal die sang van Pieter Rademeyer, Ruan Adlam, Ryan Johnson, Arno Erasmus, Waldo Pienaar, Hennie en Robert van Rooyen asook Talitha Oosthuizen beslis nog lank onthou.  Regie vir hierdie produksie is weer deur Johanna Swart.

Revue4

Ons open op Donderdag 6 Mei 2010.  Kaartjies is R40 elk. Dis ´n gewone teateraand.

Vrydag + Saterdagaand, 7 en 8 Mei – Kaartjies R70 p.p. – Tafelaande
Bring u eie piekniekmandjies en tonne lekker vriende saam.

Besprekings by Arné –  041-3745604.

Besprekings open op 12 April 2010

Die politiek maak ons mal, die ekonomie vreet ons op, maar hierdie produksie wil u nie misloop nie!

 Revue2


MNR_MEJ_RABIE_2010_128

Mnr. en Mej. Rabie – Ricco Botha en Andrea Rensburg

Tydens ´n glansryke aand, op 18 Maart 2010, is die skool se Mnr. en Mej. Rabie aangewys.

Mnr. Rabie    –           Ricco Botha
1ste Prins      –           Wikus Bezuidenhout
2de Prins      –           Tyrone Mitchell

Mej. Rabie    –           Andrea Rensburg
1ste Prinses –           Claudia Schaefer
2de Prinses –           Marné Walstrand

Die beoordelaars was Leoné Horn, Dewald Muller en Carli-Mari Vosloo.

MNR_MEJ_RABIE_wenners
Vlnr:  Tyrone, Wikus, Ricco, Andrea, Claudia en Marné


14 Landsdienslede het op 4 Mei die sandduine by Maitlands aangedurf!

Maitlands_1

Maitlands2

Landsdiens Suid-Afrika is ´n meertalige beweging wat ten volle gransformeer is met/en:

*  ´n grondwet wat oop is vir almal wat sy beginsels onderskryf;
*  wat op die mens in sy omgewing fokus;
*  wat die lid vir die eise van die dag voorberei;
*  wat gebou is op vier pilare:
–  Liefde vir die Skepper       –  Liefde vir die medemens
–  Liefde vir die omgewing      –  Liefde vir arbeid

Die beweging is vir vandag se jeug gestig in 1914 en steeds met die jeug van Suid-Afrika besig.

Rabie se Landsdiens het die afgelope kwartaal die volgende aktiwiteite gedoen:

**  Besoek SAMREC:  Versorging, was en voer van beseerde pikkewyne.

**  Besoek Forest Hill Begraafplaas:  Verwyder dooie blomme, stukkende  blompotte en onkruid van grafte.


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved