Vanjaar was dit ons voorreg om 4 reünie-groepe by die skool te ontvang. (1967, 1986, 1969 en 2006)

Daar is lekker gekuier en gesels oor die “goeie ou dae” en bande is weer gesmee en almal is hier weg met die wete dat hul alma mater Net die Beste is.

Die oud-skoliere het ‘n geruime tyd terug`n opvoedingsfonds gestig  en hierdie groepe het mildelik bygedra tot hierdie fonds.  Hierdie fonds het ons in staat gestel om behoeftige leerders te ondersteun en ons kon verskeie klasse toerus met die jongste tegnologie. Nogmaas baie dankie,  julle is voorwaar ware Rabies.

Gehalte onderrig bly `n prioriteit van ons skool en ons is afhanklik van julle ondersteuning. Kontak gerus die skool as julle enige bydrae wil lewer tot die fonds.

Oud-skoliere wat `n reünie wil reël, moet asseblief die skool kontak.  Ons sal julle graag wil help om te verseker dat julle samekoms `n groot sukses is.  Kom kuier gerus by die skool.

W. Botha

Skoolhoof

IMG_1820

 


Foto: www.beeld.comPiet de Jager Piet de Jager skryf matriek in 1971.  Hy was ‘n kranige sportman en het alreeds in Graad 10 vir die eerste span rugby gespeel.

Tydens ‘n onlangse besoek aan die skool, spreek hy sy waardering uit teenoor die onderwysers en veral sy Engelse onderwyser, mnr. Kotze.

Hierdie bekende advokaat, digter en hoof vervaardiger van die rolprente Roepman en Verraaiers is waarlik ‘n inspirasie vir die leerlinge van Hoërskool Andrew Rabie.


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved