Andrew Rabie het op 13 Augustus Victoria Park met 46 – 0 geklop.  Rabie se voorspelers het oorheers in die skrums en goeie lynstaanballe geneem.  Rabie se agsteman, Kennith Kolesky, het baie balle vir Rabie gewen by die afbreekpunte. 

Uitblinkers vir Rabie was, Tyrone Mitchel (K) (3), Tissiano September (7).  Die drieë wat gedruk was vir Rabie was:  Tyrone Mitchell, Kevin Manuel, Kennith Kolesky, Jason Cemoette, Bernard Douw en Brendon Witbooi.  Die drieë was vervyf deur Brendon witbooi wat met 3 geslaag het.

Brendon_Witbooi

Brendon Witbooi druk een van sy drieë.

Kennith


Oud-springbokke het ´n reünie bygewoon tydens die Springbok / All Blacks toets op 20 Augustus in Port Elizabeth.

IMG_4597

Joggie Jansen, die senter wat altyd onthou sal word vir sy doodvat op Wayne Cottrell in die PE toets in 1970 saam met Mnr. Lieb Schreuder tydens ´n gala-funksie in die Veremark-saal

IMG_4683

Oudspringbokke, Johann van der Merwe en Divan Serfontein saam met een van Andrew Rabie se leerlinge, Clarease Bezuidenhout by die “Fan Park”?? by Hoërskool Andrew Rabie.

IMG_4620

Johann van der Merwe, Oud-Springbok, saam met Johan Claasen, Oud-Springbok, rugby-speler asook keurder en afrigter van die seëvierende 1970 Springbok-reeksoorwinning oor die All Blacks.


ANDREW RABIE WEN OTTO

IMG_4436

Andrew Rabie het op 4 Augustus teen Otto du Plessis by Rabie gespeel.  Dit was ´n harde stryd voorlangs.  Albei pakke voorspelers het op aanval en verdediging goed vertoon.  In die 1ste helfte het Rabie se agterlyn ´n paar mooi bewegings gemaak met Cheswyn van Wyk wat goed verdedig het.  Bernard Douw (14) en Brendon Witbooi (11) het ook mooi aanvallend gehardloop met die bal in die hand.  ´n Drie is in die eerste helfte deur Wikus Bezuidenhout (7) aangeteken na ´n lynstaan beweging.  Die halftyd-telling was 5 – 0 in Rabie se guns.  Na halftyd het Otto verwoed aangeval met hulle voorspelers, maar Rabie se verdediging was rotsvas en die eindtelling was 5 – 0. 

IMG_4438


RABIE VS HTS NEWTON

 Andrew Rabie se 1ste span het HTS Newton 6 – 3 geklop.  Die 2de span het ongelukkig 10 – 20 verloor.

 Die volgende 1ste-span spelers het uitgestaan:  Ben-Tonio Botha op verdediging, Dewald Maritz met 2 strafskoppe;  Edwin Stapelberg met goeie lynstaanspel en Bradley Meyer met goeie aanvalswerk.

O/15 A-span met hul spog in hul nuwe truie.

IMG_4359

Andrew Rabie sê baie dankie aan King Cars (Mnr. Jacques du Plessis) en Mnr. en me. Minnie vir die borgskap van die O/15 A-span se rugbytruie.  Hulle het ´n baie mooi oorwinning van 28 – 0 oor HTS Newton behaal.

 IMG_4360

Johan Zeelie op pad doellyn toe om 1 van sy 2 drieë teen HTS Newton te druk.


IMG_4255

 Hoërskool Andrew Rabie het op 23 Junie 2011 teen H/skool Jan van Riebeeck van Kaapstad gespeel en 17 – 12 gewen.

 Jan van Riebeeck se voorspelers het goed geskrum en goeie optel-en-dryf bewegings vorendag gekom en Rabie hiermee onder druk geplaas.

 Andrew Rabie het weer goeie hardloop-rugby gespeel en Ricco Botha en Kennith Kolesky, los voorspelers, het albei drieë gedruk.  Jason Cemoette het met goeie afronding van die agterlyn, ook ´n drie vir Rabie gedruk.

 Uitblinkers was Wikus Bezuidenhout, los voorspeler, en Tyronne Mitchell, voorry en kaptein en ook Joseph Jantjies, die skrumskakel.  Brendon Witbooi het geslaag met ´n doelskop.

IMG_4257


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved