Imke_en_Simone

Imke Steyn en Simoné Kommer

Simoné Kommer het tydens die atletiekseisoen baie goed gevaar in die hamergooi vir Dogters O/16.  Sy het die seisoen afgeskop met ´n afstand van 21m by die kleurebyeenkoms.  Tydens die Metro-atletiekbyeenkoms het sy haar afstand verbeter na 31m en by die O.P. Junior Atletiekbyeenkoms na 37m!  Simoné spog met ´n persoonlike beste van 38,63m hierdie seisoen.  Sy kwalifiseer dus om aan die S.A. Kampioenskappe deel te neem wat op 2 en 3 April in Germiston plaasvind.

Imke Steyn het ook ´n goeie seisoen beleef en kwalifiseer vir die derde agtereenvolgende jaar om aan die S.A. Kampioenskappe in Germiston deel te neem.  Sy gaan in die 100m, 200m en Medley-aflos vir Dogters O/16 deelneem.  Imke is ook ons Victrix Lodorun vir 2011.


Die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms het op Vrydag 28 Januarie plaasgevind.

Vanjaar se Victor en Victrix Ludorum is Juan Jonas en Imke Steyn.

Victrix_en_Victor


SEWES RUGBY

Oud Rabie rugby spelers het onlangs ´n geselligheid bygewoon ter voorbereiding vir 2 oud-skoliere spanne om 10-man rugby te speel teen ander skole se oud-skoliere spanne.  Hierdie wedstryde sal saamval met die NMMU SEWES TOERNOOI wat aan die einde van die jaar by Rabie se sportvelde sal plaasvind.

IMG_1860


RABIE SPOG MET OUD-SPRINGBOK!

Ons eie Mnr. Johann van der Merwe het die afgelope naweek ´n reünie van die 1969/70 Springbokspan na Brittanje, waarvan hy deel was, in Johannesburg bygewoon.

Hy vertel meer oor die toer in 1969 en ook van die afgelope naweek.

“Dertig Springbokrugbyspelers, ´n bestuurder en ´n afrigter het aan die einde van Oktober 1969 vertrek op ´n drie maande-lange rugbytoer na Engeland, Skotland, Wallis en Ierland.  Daar is 25 wedstryde op toer gespeel.

toerspan

Die Toer sou in die annale van rugby opgeteken word as die”??Betoger-toer”??, want vir die eerste keer het ´n Suid-Afrikaanse sportspan met die harde werklikheid te doene gekry van betogings teen die Apartheidsbeleid.

Die betogers het alles in hul vermoë gedoen om die toer te ontwrig, insluitend protesoptogte, betogings by wedstryde, strooi van glasstukke en spykers op die velde, die kaping van ´n bus vol spelers, bomdreigemente, ontruimings laat in die nag, geraas deur die nag om die spelers se slaap te versteur, die gooi van ´n bom onder ´n bus (wat gelukkig nie ontplof het nie) en vele meer.

Betogers

Die spelers was nie vergesel van ´n spandokter, fisioterapeut en bowenal ´n sielkundige nie – hulle was hul eie ´kopdokters´.  Die grootste enkele faktor vir hulle gesukkel om op dreef te kom aan die begin van die toer, was dat hulle geensins geweet het wat om te verwag nie.

Op 21 en 22 Augustus vanjaar was daar ´n reunie gehou vir hierdie Springbok-span, saam met die 5 ekstra spelers wat die All Blacks in 1970 aangedurf het.  Die reünie het plaasgevind by die Roodepoort Buiteklub en die seremoniemeester by die banket-aand was Hugh Bladen (bekende rugbykommentator).  Dr. Dawie de Villiers (skrumskakel en kaptein van die toerspan) was die gasspreker.

Honderde staaltjies is vertel en almal het dit terdeë geniet.  Vir een aand was hierdie klomp ´ou manne´ weer in die”?? fleur”?? van hul lewe, vol kattekwaad en net so ondeund en vol sports soos in 1969/70!

Die reünie is afgesluit met ´n besoek aan die FNB- Stadion om die Springbokke vs die All Blacks te ondersteun – ongelukkig was daar nie ´n Frik du Preez, Dawie de Villiers, H.O. de Villiers, Hannes Marais en ander legendes van vroeër jare om die All Blacks te troef nie.

 

IMG_1665

Kliek hier vir meer fotos


Rabie vs Victoria Park

Halftyd telling:  7 – 0

Eindtelling:  17 – 5

Rabie se uitblinkers was Tiaan Kommer wat gespog het met 2 prag drieë.  Garth Ellis het uitgeblink op die verdediging en ook op die aanval.  Rabie se voorspelers het die platform behoorlik gelê vir die agterlyn om met die bal te hardloop.  Oor die algemeen was dit ´n goeie spanvertoning.

Die driedrukkers was Bernard Douw en Tiaan Kommer.  Garth Ellis het 1 drie vervyf

 Tiaan Kommer op die doellyn

IMG_1492


© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved