Vanjaar was dit ons voorreg om 4 reünie-groepe by die skool te ontvang. (1967, 1986, 1969 en 2006)

Daar is lekker gekuier en gesels oor die “goeie ou dae” en bande is weer gesmee en almal is hier weg met die wete dat hul alma mater Net die Beste is.

Die oud-skoliere het ‘n geruime tyd terug`n opvoedingsfonds gestig  en hierdie groepe het mildelik bygedra tot hierdie fonds.  Hierdie fonds het ons in staat gestel om behoeftige leerders te ondersteun en ons kon verskeie klasse toerus met die jongste tegnologie. Nogmaas baie dankie,  julle is voorwaar ware Rabies.

Gehalte onderrig bly `n prioriteit van ons skool en ons is afhanklik van julle ondersteuning. Kontak gerus die skool as julle enige bydrae wil lewer tot die fonds.

Oud-skoliere wat `n reünie wil reël, moet asseblief die skool kontak.  Ons sal julle graag wil help om te verseker dat julle samekoms `n groot sukses is.  Kom kuier gerus by die skool.

W. Botha

Skoolhoof

IMG_1820

 




laat ons weet wat jy dink...

Jou epos sal nie vertoon of uitgedeel word nie.

Benodige velde is gemerk met *

*
*

© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved