Ballet Meisies

2014 is Die jaar van die Feëverhaal.  Dit neem ons weer terug na al die ou feëverhale wat ons as kinders gehoor het.  Hollywood se weergawes van dié verhale is baie meer modern en in ‘n formaat wat aanklank by veral tieners vind.

Hoërskool Andrew Rabie bied aan Rooikappie – met ‘n twist op 8 en 9 Mei 2014.
Vrydagaand, 9 Mei, is ‘n tafelaand en u bring u eie eet- en drinkgoed.  Die storie is geskryf deur Johanna Swart en staan ook onder haar regie.  Baie van die bekende karakters kom daarin voor, gekombineer met heerlike humor.  Dis ‘n produksie vir laerskool leerders, tieners, ma en pa, ouma en oupa en almal wat jonk van gees is.

Kontak die skool by 041-3745604 om u plekke te bespreek.  Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R25 vir skoliere en pensioenarisse.  Moet dit nie misloop nie!




laat ons weet wat jy dink...

Jou epos sal nie vertoon of uitgedeel word nie.

Benodige velde is gemerk met *

*
*

© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved