Die VCSV-tak van die skool het ‘n koekbak-kompetisie  gehou. Ná die wenners aangewys is, is die koeke opgesny en het die VCSV-lede dit gaan uitdeel by wooneenhede vir bejaardes in die omgewing.  Die kuiertjies en soet bederf is met ope arms en groot glimlagte verwelkom en daar is vriendskapsbande tussen oud en jonk gesmee.

 IMG_5987

                                             Die wen-koek is deur die Matriek-kring gebak.  Hier is Donato Syce (Voorsitter van die VCSV) by Nicole Henning en Bianca Nel                                                                                                
                                      

  
IMG_6013Mariska Lessing en Bianca Jonker maak twee bejaardes se harte bly.

IMG_6004Donato Syce en Ryan Bessinger deel van die koek uit.

 
Foto’s verskaf deur Donato Syce  

.




laat ons weet wat jy dink...

Jou epos sal nie vertoon of uitgedeel word nie.

Benodige velde is gemerk met *

*
*

© Hoërskool Andrew Rabie | 2013 | All Rights Reserved