MINIMUM TOELATINGSVEREISTES tot ´n Hoër Sertifikaat, Diploma of Baccalaureusgraad
Verskillende inrigtings mag verskillende kombinasies van vakke, asook vlakke behaal in vakke, spesifiseer. Vir ´n mediese – of ingenieursrigting mag Wiskunde, en nie Wiskundige Geletterdheid nie, ´n vereiste wees.
´n Algemene riglyn: ´n Rigting wat voorheen Wiskunde HG vereis het, behoort nou op Wiskunde aan te dring. As jy in ´n spesifieke rigting belangstel, maak seker dat jy die regte vakkombinasie kies.
Hoër Sertifikaat
´n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS, of NSC in Engels)
Diploma
´n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ´n slaagpersentasie van ten minste 40% in vier van die NSS se 20-krediet vakke.
Die enigste vak by Andrew Rabie wat nie hier kwalifiseer nie, is Lewensoriëntering wat ´n 10-krediet vak is.
Baccalaureusgraad
´n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ´n slaagpersentasie van ten minste 50% in vier van die NSS se gespesifiseerde 20-krediet vakke.
Die vakke by Andrew Rabie wat nie hier kwalifiseer nie, is Toerisme, Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) en Lewensoriëntering.