x

Boekersklub

20 May 2010

Het jy ´n spesiale liefde vir literatuur en kuier?  Wel, as jy lief is vir lees en kuier, dan is die Boekersklub net vir jou!  Die lede kom een keer ´n kwartaal bymekaar waartydens ´n spreker hulle toespreek.  Ons het al ´n verskeidenheid sprekers gehad o.a. skrywers, digters, sangers en regisseurs.  Die mees onlangse spreker was Me. Koster.  Sy is onder andere ´n regisseur, klank- en ligte operateur en haar werk behels om byvoorbeeld saam met Coenie de Villiers op Kwêla te werk.

Nadat die spreker gepraat het en die leerders en onderwysers hulle vrae gevra het, of opinies gelig het, kuier almal rondom ´n heerlike koppie koffie en lekkernye saam.

Me. Terblanche is die skakelonderwyser met Mee. Williams, Van Deventer en Thomas wat ook betrokke is.

boekerklub2

Ons laaste spreker, Me. Koster (3de van links), saam met van die personeel.