x

Gill Kollege Rugby Fees

15 March 2010

1stespan_teen_Gill

Rabie het Saterdag, 13 Maart teen Areoville van Somerset-Oos gespeel.  Rabie se voorspelers het gedomineer in die skrums, lynstane en afbreekpunte.  Tiaan Kommer het 6 vaskoppe gehak.  Voorspelers wat uitgeblink het was Kevin Manley, Tyrone Mitchell en Ricco Botha.  In die agterlyn het Simon van Aswegen as skrumskakel goed gevaar met skoppe oor die skrums.  Armandt Meyer slaag met vier strafskoppe.  Areoville het ´n baie vinnige agterlyn gehad en het van orals aangeval en Rabie moes bont staan met verdediging.  Rabie wen 12 – 7.  Baie geluk aan al die spelers.  J. Booyens (Afrigter)