x

Groot geeste groet die onderwys

30 November 2012
bok_afskeid_nuus_002

Foto verskaf deur Werner Hills (Die Burger)

Mnr. van der Merwe , Me. Swart en Mnr. Fouché verlaat ons die jaar

Mnr. Johann van der Merwe 1973 – 2012 (40 jaar)

Die oud-Springbok senter van die WP het in 1973 by die Hoërskool Andrew Rabie onder die leiding van skoolhoof, mnr.Meyer Sauerman, begin. Hy het as Liggaamlike opvoeding en Aardrykskunde onderwyser bekwaam en is as senior opvoeder bevorder.

Op sportgebied het hy vir die Park Rugbyklub en ook vir O.P. rugby gespeel. Hy het vir 13 jaar die skool se eerste rugbyspan afgerig en die O.P.-Cravenweek rugbyspan in 1977, 1981 en 1982 afgerig en diens gelewer as O.P.-skole rugbykeurder en later ook as sameroeper van die keurkomitee.

Mnr. Steve Fouché (1976 – 2012) 37 jaar

In Januarie 1976 het hy by Hoërskool Andrew Rabie begin. In die jare daarna is hy bevorder tot Departementshoof en het twee jaar waargeneem as adjunkhoof en in 2012 ook as skoolhoof tot einde Julie 2012. Op sportgebied het hy die skool se eerste rugbyspan (5 jaar) en ook die eerste krieketspan (10 jaar) afgerig. Hy was ook afrigter/bestuurder van die O.P. O/17-rugbyspan en ook die O.P. Colts (O/15) krieketspan se bestuurder.

Me. Johanna Swart – 1991 – 2012 (22 jaar)

Me. Swart het ‘n loopbaan van 37 jaar as Wiskunde-onderwyser gehad, waarvan

22 jr. by Andrew Rabie was. Daarbenewens was haar ander groot bydrae haar betrokkenheid by die skool se twee-jaarlikse Revue’s. Op dié manier kon sy haar passie vir musiek uitleef en aan leerders die geleentheid gee om hul dans- en sangtalent op die verhoog te ontwikkel. Baie van Port Elizabeth se bekende sangers, soos Pieter Rademeyer en Annemart Bornman (neé Rossouw), het hul debuut by Andrew Rabie se Revue’s gehad.

Een van die lewenswaarhede wat sy altyd by haar leerders probeer inskerp het, was dat elke probleem ‘n oplossing het en dat ‘n mens nie ‘n verskoning moet maak nie, maak ‘n plan! Sy beoog om nog ‘n paar reise oorsee aan te pak en dalk by toerisme betrokke te raak.