x

JUAN BESOEK SWEDE IN JULIE

22 June 2011

IMG_9975

Juan Jonas (graad 10) is een van slegs vier leerders in Port Elizabeth wat gekies is om aan die Internasionale “Scout Association”?? se 22ste  “Scout Jamboree”?? in Swede deel  te neem.  Dit sal plaasvind vanaf 27 Julie tot 6 Augustus.    Elke vier jaar word scouts van regoor die wêreld gekies  om aan  ´n program deel  te neem  wat bekend staan as ´n  “Jamboree”?? .  Die doel  van hierdie program is die bevordering van wêreldvrede en omgewingsbewaring.   Meer  as 30 000 “scouts ” sal vanjaar die program in Rinkaby, Swede bywoon.  Dit is voorwaar ´n groot eer wat hom te beurt geval het!

Juan is ´n veelsydige leerder wat in beide sport en akademie uitblink.  Hy was vir 2 agtereenvolgende jare die skool se Victor Lodorum.  Ons is baie trots op hom en glo dat hy hierdie unieke geleentheid as  ´n waardevolle leerervaring sal benut.