x

Kombersprojek 2013

04 September 2013

Leerders van die Hoërskool Andrew Rabie het met die entoesiastiese aansporing van die onderwysers hul harte en beursies wyd oopgemaak om die skool se kombersprojek te ondersteun. Die geld wat ingesamel is, was genoeg om komberse aan 28 mense in die Gelvandale-omgewing te oorhandig.

Dié uitreik-projek deur die skoolkinders is met dankbaarheid en waardering deur die gemeenskap aanvaar. Me. Pearl Daniels of “teacher Pearl”, soos sy onder die mense bekendstaan, sê die komberse bring noodsaaklike verligting teen die koue van die afgelope tyd.

Teacher Pearl

Bianca Roelofse, Pearl Daniels en Sharné Stevens

 

Andrico Andrico besig om komberse uit te deel.

Andrico Williams, ’n gr. 11-leerder van Andrew Rabie, het self in die Gelvandale-gebied wat besoek is groot geword en sê dit is vir hom ’n groot voorreg om nou in ’n posisie te wees om as deel van sy skool se uitreik-projek weer in die gemeenskap iets terug te ploeg.

Joey Nell

Mnr. Joey Nell en sy seun, Lorenzo, se vreugde oor die kombers was oorweldigend. Die vorige aand het ’n brand in sy kamer ontstaan en sy bed en beddegoed is totaal verwoes. “Hierdie kombers is al kooi-goed wat ek het vir vannag”, was sy oorstelpte woorde.

Groep

Leerders van die Hoërskool Andrew Rabie se VCSV wat namens die skool die komberse aan mense van die Gelvandale-gemeenskap oorhandig het, was Andrico Williams, Sharné Stevens, Cherise Oosthuizen, Samantha Alexander, Chanell Geyser, Bianca Roelofse en Cherise de Vrey.