x

maakitmagic.com 2010

24 March 2010

Revue3

maakitmagic.com

Dis weer sulke tyd hier by Andrew Rabie!  Hierdie jaar se ´show´ – vroeër bekend as die Revue – gaan weer vermaak uit die boonste rakke bied alhoewel die formaat ietwat anders as vorige jare is.

Vanjaar belig ons van die hoogtepunte uit die geskiedenis van Suid-Afrika – ons eerste Mej. Wêreld, die Sharpeville opstande, die wêreld se eerste menslike hartoorplanting, die begin van televisie, die Rugby Wêreldbeker, Madiba se vrylating om maar ´n paar te noem.

Oefeninge vorder fluks met choreografie deur Bennie Gerber.  Rabie se gevestigde sanggroep – Vocalé – vorm deel van die produksie.  Louis Potgieter tower oudergewoonte weer hemelse klanke op.

Dis altyd lekker om ons oud-leerders te betrek, veral hulle wat hul merk hier in Rabie se Revue´s gemaak het.  U sal die sang van Pieter Rademeyer, Ruan Adlam, Ryan Johnson, Arno Erasmus, Waldo Pienaar, Hennie en Robert van Rooyen asook Talitha Oosthuizen beslis nog lank onthou.  Regie vir hierdie produksie is weer deur Johanna Swart.

Revue4

Ons open op Donderdag 6 Mei 2010.  Kaartjies is R40 elk. Dis ´n gewone teateraand.

Vrydag + Saterdagaand, 7 en 8 Mei – Kaartjies R70 p.p. – Tafelaande
Bring u eie piekniekmandjies en tonne lekker vriende saam.

Besprekings by Arné –  041-3745604.

Besprekings open op 12 April 2010

Die politiek maak ons mal, die ekonomie vreet ons op, maar hierdie produksie wil u nie misloop nie!

 Revue2