x

NMMetro Atletiek

03 March 2010

Foto_1

Hierdie drie atlete van Andrew Rabie spog met vier eerste plekke en ´n nuwe rekord tydens die afgelope Nelson Mandela Metropool-byeenkoms, wat Saterdag 27 Februarie by die Oval plaasgevind het.

Gart Ellis (links) het ´n nuwe NMMetro-rekord van 2,00 m in die S O/19 hoogspring opgestel.

Imke Steyn (middel) het op verrassende wyse die 100m vir D O/15 gewen met 12,8s, asook die verspring met 4,66 m (sy kán 5m ver spring!)

Juan Jonas (regs) was eerste in die hoogspring vir S O/14 met 1,70m.

Foto2

Daar is min mense wat 2,00 m hoog kan spring!  Tydens die afgelope Nelson Mandela Metropool-byeenkoms by NMMU het die Hoërskool Andrew Rabie se Garth Ellis nuwe hoogspringrekord van 2,00 m in die seuns O/19 opgestel.  Hier wys hy hoe hoog is 2,00m.  Hy self is 1, 83m lank!  ´n Gr. 8-leerder by Rabie, James Morton, is net 1,5m lank en meet hier hoe hoog sy held gespring het.