Oud-leerder , Prof. Colin Campbell, tree op in Veremarksaal
Die Hoërskool Andrew Rabie se sanggroep is gister na die Veremarksaal om te luister na ‘n orrel-uitvoering deur oud-leerder, Prof. Colin Campbell, wat tans in Texas, VSA, woon. Hy is assistent-Professor in Musiek aan die Texas A&M International University.
Prof. Campbell het op die grootste pyporrel in Suid-Afrika ‘n uitvoering van 6 meesterwerke gelewer. Sy vrou, Belinda het hom op die klarinet begelei.
Na afloop van die uitvoering het prof. Campbell sy alma mater met groot blydskap verwelkom en tyd gemaak vir ‘n paar foto’s.
Damon Banks in gr. 12, is ook die geleentheid gegee om op die ongelooflike 5000-pyporrel te speel.
Agter: Damon Banks en Prof. Colin Campbell
Voor Vlnr: Erezana Senekal, Natalie Jacobs, Robyn Olifant, Hermia Hermanus, Jemimah van Heerden, Charmel Marx, Bradley Snyman.
Damon Banks se droom word bewaardheid deurdat hy genooi word om op die pragtige orrel te speel.