x

Rabie klop Jan van Riebeeck

24 June 2011

IMG_4255

 Hoërskool Andrew Rabie het op 23 Junie 2011 teen H/skool Jan van Riebeeck van Kaapstad gespeel en 17 – 12 gewen.

 Jan van Riebeeck se voorspelers het goed geskrum en goeie optel-en-dryf bewegings vorendag gekom en Rabie hiermee onder druk geplaas.

 Andrew Rabie het weer goeie hardloop-rugby gespeel en Ricco Botha en Kennith Kolesky, los voorspelers, het albei drieë gedruk.  Jason Cemoette het met goeie afronding van die agterlyn, ook ´n drie vir Rabie gedruk.

 Uitblinkers was Wikus Bezuidenhout, los voorspeler, en Tyronne Mitchell, voorry en kaptein en ook Joseph Jantjies, die skrumskakel.  Brendon Witbooi het geslaag met ´n doelskop.

IMG_4257