RABIE MATRIEKS SKITTER!
ANDREW RABIE GR. 12’S SKITTER OP PROVINSIALE EN NASIONALE VLAK!
Nie minder nie as 8 van die gr. 12-leerders het vanjaar puik presteer op kulturele- en sportgebied.
Op die foto vlnr:
Juan Jonas (hoofseun van 2013) het Nasionale vlak Padvinders (Boy Scout) Springbokkleure verwerf.
Granwell Gelderbloem haal die O.P. O/19 Gholf-span.
Die blitsige atleet, Imke Steyn, het tydens die Oos-Kaap Jeugkampioenskap 1ste gekom in die 100m-, 200m- en 400m naellope.
Sy het ook aan die S.A. Jeug- en Junior Kampioenskap in Pretoria deelgeneem en daar in beide die O/19 en O/23-afdeling ‘n 5de plek behaal in die 200m.
Ben-Tonio Botha was ingesluit in die O.P. O/18 Akademie Rugbyspan.
Sherwin Slater is lid van die O.P. O/19 Rugbyspan asook die O.P. Senior Sewes rugbyspan
Simoné Kommer was ingesluit in die Oos-Kaap Hoërskole atletiek-span, asook die S.A. Hoërskole span. Hier behaal sy ‘n 2de plek in hamergooi.
Marisca Uitenweerde behaal Nasionale Vlak as Karate-skeidsregter.
Bradwill Meyer behaal Nasionale vlak Karate kleure. Hy het Suid-Afrika in Griekeland verteenwoordig in hierdie sport.
Andrew Rabie is met reg trots op al hierdie merkwaardige prestasies.