x

RABIE SPOG MET OUD-SPRINGBOK!

30 August 2010

RABIE SPOG MET OUD-SPRINGBOK!

Ons eie Mnr. Johann van der Merwe het die afgelope naweek ´n reünie van die 1969/70 Springbokspan na Brittanje, waarvan hy deel was, in Johannesburg bygewoon.

Hy vertel meer oor die toer in 1969 en ook van die afgelope naweek.

“Dertig Springbokrugbyspelers, ´n bestuurder en ´n afrigter het aan die einde van Oktober 1969 vertrek op ´n drie maande-lange rugbytoer na Engeland, Skotland, Wallis en Ierland.  Daar is 25 wedstryde op toer gespeel.

toerspan

Die Toer sou in die annale van rugby opgeteken word as die”??Betoger-toer”??, want vir die eerste keer het ´n Suid-Afrikaanse sportspan met die harde werklikheid te doene gekry van betogings teen die Apartheidsbeleid.

Die betogers het alles in hul vermoë gedoen om die toer te ontwrig, insluitend protesoptogte, betogings by wedstryde, strooi van glasstukke en spykers op die velde, die kaping van ´n bus vol spelers, bomdreigemente, ontruimings laat in die nag, geraas deur die nag om die spelers se slaap te versteur, die gooi van ´n bom onder ´n bus (wat gelukkig nie ontplof het nie) en vele meer.

Betogers

Die spelers was nie vergesel van ´n spandokter, fisioterapeut en bowenal ´n sielkundige nie – hulle was hul eie ´kopdokters´.  Die grootste enkele faktor vir hulle gesukkel om op dreef te kom aan die begin van die toer, was dat hulle geensins geweet het wat om te verwag nie.

Op 21 en 22 Augustus vanjaar was daar ´n reunie gehou vir hierdie Springbok-span, saam met die 5 ekstra spelers wat die All Blacks in 1970 aangedurf het.  Die reünie het plaasgevind by die Roodepoort Buiteklub en die seremoniemeester by die banket-aand was Hugh Bladen (bekende rugbykommentator).  Dr. Dawie de Villiers (skrumskakel en kaptein van die toerspan) was die gasspreker.

Honderde staaltjies is vertel en almal het dit terdeë geniet.  Vir een aand was hierdie klomp ´ou manne´ weer in die”?? fleur”?? van hul lewe, vol kattekwaad en net so ondeund en vol sports soos in 1969/70!

Die reünie is afgesluit met ´n besoek aan die FNB- Stadion om die Springbokke vs die All Blacks te ondersteun – ongelukkig was daar nie ´n Frik du Preez, Dawie de Villiers, H.O. de Villiers, Hannes Marais en ander legendes van vroeër jare om die All Blacks te troef nie.

 

IMG_1665

Kliek hier vir meer fotos