x

Rabie vs Otto

11 August 2011

ANDREW RABIE WEN OTTO

IMG_4436

Andrew Rabie het op 4 Augustus teen Otto du Plessis by Rabie gespeel.  Dit was ´n harde stryd voorlangs.  Albei pakke voorspelers het op aanval en verdediging goed vertoon.  In die 1ste helfte het Rabie se agterlyn ´n paar mooi bewegings gemaak met Cheswyn van Wyk wat goed verdedig het.  Bernard Douw (14) en Brendon Witbooi (11) het ook mooi aanvallend gehardloop met die bal in die hand.  ´n Drie is in die eerste helfte deur Wikus Bezuidenhout (7) aangeteken na ´n lynstaan beweging.  Die halftyd-telling was 5 – 0 in Rabie se guns.  Na halftyd het Otto verwoed aangeval met hulle voorspelers, maar Rabie se verdediging was rotsvas en die eindtelling was 5 – 0. 

IMG_4438