x

Ruan van der Kuil

18 August 2011

SING EN DANS IS IN RUAN SE BLOED

RUAN_VD_KUIL

Ruan van der Kuil, ´n gr. 11-leerder, het vanjaar met sy sang- en musiektalent nie minder nie as 14 medaljes verower by die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir Uitvoerende Kuns wat in Rustenburg gehou is.

Hy is ook deur Kingfisher Talent Search gekies om Suid-Afrika in Januarie 2012 in New York, Florida en Orlando te verteenwoordig by die AMTC konferensie.

Ruan het sy sang en dans talente ten toon gestel toe hy die rol van Michael Jackson vertolk het in die vertoning “Hit the Headlines!”?? wat in die Savoy Teater in Port Elizabeth aangebied is.

Hy het al by die KKNK in Oudtshoorn die gehore vermaak op gratis verhoë en sy sterk punt is veral Rock ´n Roll.

Behalwe vir musiek, is Ruan ´n geesdriftige sportman wat hou van rugby en krieket.

Ruan het onlangs ´n gedeeltelike beurs van die New York Film Academy ontvang om na matriek “Musical Theatre & Film”?? te gaan studeer.

Hy kan bespreek word vir optredes deur Sharon van der Kuil te skakel by 0836593236.