x

Rugby nuus

29 April 2010
 

Die naweek van 28 Augustus het Andrew Rabie sy rugby seisone op sy tuisveld teen D.F. Malherbe, op ´n hoë noot afgesluit.  Ten spyte daarvan dat die aangestelde O.P. Unie skeidsregter nie opgedaag het nie, was dit ´n taai stryd tussen die twee spanne.  Albei spanne het goeie aanvalle met die agterlyne geloods , maar in die skrums was dit ´n taai stryd.  Rabie het vroeg in die eerste helfte druk geplaas op die opponente en die flank Tissiano September het vanaf ´n lossskrum weggebreek en die enigste drie van die wedstryd aangeteken.  Kort daarna het Armand Meyer met ´n skepskop geslaag.  D.F. Malherbe het met ´n strafskop geslaag deur Armand Korf (13). 

Copy_of_IMG_8439

Bernard Douw vertoon goed met die bal in die hand.

Die halftyd-telling was 8 – 3. 

In die tweede helfte het Rabie teen ´n sterk wind baie druk op D.F. Malherbe gesit en die grootste deel van die tweede helfte  in hulle gebied geboer.  Albei spanne se verdediging was baie goed  Uitblinkers vir Rabie was Armand Meyer (10), Garth Ellis, (13), Simon van Aswegen (9), Edwin Stapelberg (4) en Kennith Kolesky (8).  D.F. se uitblinkers was Ryno v.d. Berg (7), Roché Jongkind en Johan Pretorius.  Rabie wen die wedstryd 8 – 3.

Copy_of_IMG_8450
Die 1ste span na hul oorwinning vs D.F.
 
*****
 
RABIE VS ALEXANDER ROAD  14 Augustus 2010
 
Telling:  34 – 17
 
Die eerste helfte was ´n harde en fisiese stryd waar Rabie se voorspelers al die harde werk moes doen.  Die voorspelers het druk op Alex se lynstaan toegepas en Leon Manuel het in die hoekie oorgeduik met die 1ste drie.  Die halftyd telling was 5 – 12 in die guns van Alex.
 
Tydens die tweede helfte het Rabie se voorspelers saamgetrek en die ´Blou Masjien” was onkeerbaar.  Die voorspelers het die platform gelê sodat die agterlyn Alex onderstebo kon hardloop.  Tissiano September het soos dit ´n goeie vleuel betaam met twee drieë afgerond.  Rabie se losvoorspelers was dodelik en het baie van Alex se balle afgerokkel.  Rabie se teenaanval het Alex in die donker gelaat en met goeie vaardighede het Rabie die res van sy drieë gedruk.  Die drie-drukkers was Leon Manuel, Tissiano September (x2), Kennith Kolesky, J.P. Barendse, Wikus Bezuidenhout en Armandt Meyer het met twee vervyf skoppe geslaag.
Rabie het weereens gewys dat hulle met die bal kan hardloop en die ´Blou Masjien” het vir ´n goeie vertoning gesorg.
 
Berig deur:  Simon van Aswegen
 
 
 
 
 
RABIE VS ITEMBELIHLE
 
ITEMBELIHLE
 
 
Dit was ´n titaniese stryd vir die voor- en agterspelers. Albie spanne het goeie verdediging aan die dag gelê.  Rabie se voorspelers het met baie goeie dryfspel vorendag gekom.
 
Ons verloor ongelukkig 5 – 10.  Rabie se drie is deur Kennith Kolesky gedruk.
 
 

SPAN

 

RABIE

 

LINKSIDE

0/14 A

31

7

3de

5

12

SPAN

RABIE

ITEMBELIHLE

2de

23

10

1ste

5

10