x

Rugby

22 April 2010

Die 1ste-span se rugbyseisoen het 13 Maart afgeskop met ´n wedstryd teen Aeroville by Gill Kollege in Somerset-Oos. Rabie het die wedstryd 12 – 7 gewen. Ons het die naweek, 19 en 20 Maart, deelgeneem aan twee wedstryde by die Despatchfees.  Rabie het 3 – 10 teen Molly Blackburn verloor, en Saterdag het ons 9 – 12 teen Winterberg verloor.  Veral teen Winterberg het ons belowend gelyk.

Die 1ste-span het 26 – 29 Maart in Graaff-Reinet teen Camps Bay en Spandou speel.  Rabie wen Camps Bay 17 – 6 en verloor teen Spandou 0 – 22..  Ons eerste tuiswedstryd het in die vakansie plaasgevind teen Dr. Malan van Gauteng.  Rabie wen 7 – 0.

In ´n taai wedstryd op 17 Mei teen Gill Kollege verloor ons 10 – 14.  Die voorspelers het goeie dryfwerk gedoen en ons het hier en daar ´n ´tackle´ gemis, wat veroorsaak het dat Gill ´n drie teen ons aangeteken het.  Rabie het 2 drieë gedruk, maar kon dit nie vervyf nie.