x

VCSV

13 May 2010

CSV

Die naweek van 20 – 22 Januarie het 22 van Andrew Rabie se VCSV-kringleiers ´n kringleierskamp te Jeffreysbaai bygewoon.  Almal betrokke het dit baie geniet.  Op die kamp het hulle geleer om as ´n span saam te werk en ook hoe om ´n goeie leiers en voorbeeld vir ander te wees.  Met Nico Malan wat ook ´n paar kringleiers gestuur het, was daar ook nuwe vriendskappe gemaak en reeds bestaande vriendskappe is versterk.

Picture_023

Vir ´n fondsinsameling is daar die 20ste Maart ´n wakkerbly-aand gereël deur die kringleiers, Me. Burri en mej. Smith.  Johannes van die VCSV was die gasspreker op die aand.  Daar is gesmul aan heerlike worsbroodjies, DVD´s is gekyk en almal het mekaar beter leer ken.  Dankie vir almal wat moeite gedoen het om ons te help met toesig asook dankie aan almal wat ietsie geskenk het en bygedra het tot die sukses van die geleentheid.

Picture_026  Picture_009
Picture_041 Picture_131